SHOWING ARTICLE 176 OF 706

Laer rentekoers: huiskoop nog meer bekostigbaar

Category Property News

Die Reserwebank het verlede Donderdag die rentekoers vir 'n vyfde keer vanjaar verlaag wat dit nou op die laagste vlak in bykans vyf dekades te staan bring. Die repokoers is nou voor taan 3,5% en die prima rente koers van banke 7%. Die verde re rentekoersverlaging is groot liks in eiendomskringe in die land verwelkom veral omdat dit nou meer mense gaan toe laat om die kopersmark vir die eerste keer te betree. Hiermee enkele van die be langhebbers in die eiendomsbe dryf se reaksies: Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff Property Group: "Hoewel ons die rentekoersverlaging verwelkom, glo ons by Seeff dat die Reserwebank 'n meer aggressiewe houding moet inneem en groter verlagings moet oorweeg ten einde die land se ekonomie en eiendomsmark 'n hupstoot te gee in hierdie ongekende ekonomiese resessie. "Mense bestee net nie op die oomblik geld nie en die ekono mie beweeg eenvoudig net nie. Meer moet gedoen word om momentum in die ekonomie en ons huismark te skep." Carl Coetzee, uitvoerende hoof van die verbandmakelaar Better Bond: "Die jongste rentekoersverla ging maak dit nou moontlik meer finansieel verstandig om 'n eiendom te koop as om een te huur. "Die repokoers van 3,5% is rekordlaag, en maak dit vir po tensiele huiseienaars moontlik om nou minder aan verband paaiemente te betaal as hul maandelikse huurgeld. Hulle kan ook op lang termyn aan sienlik geld spaar. Met die prima rentekoers van banke nou op 7%, kan huiseienaars sowat R150 per maand op 'n verband van R1 miljoen bespaar. As jy aanvaar dat die gemiddelde maandelikse huur in die forme le mark sowat R7 800 is, is die maandelikse verbandterugbetaling op 'n eiendom van R1 miljoen teen 'n prima rentekoers van 7% minder, teen sowat R7 750." Kopers het na die verlaging die beste koopgeleenthede in nagenoeg 20 jaar. Herschel Jawitz, uitvoerende hoof van Jawitz Properties: "Die jongste rentekoersverlaging sal bietjie bykomende on dersteuning aan huiseienaars bied deur hulle te help om voor te bly met hul skuldterugbetalings. Daarbenewens help dit ook om vir kopers die beste koopgeleenthede in nagenoeg 20 jaar te skep. Voornemende ko pers met 'n versekerde maande likse inkomste en 'n langter mynplan vir waar hulle wil woon en bele, kan dit ernstig oorweeg om die huidige mark te betree alles danksy rente koerse wat histories laag is en huisprysgroei wat die laaste paar jaar skaars met inflasie kon byhou. "Die kumulatiewe uitwerking van die rentekoersverlagings het maandelikse skuldterugbe talings met amper sowat 20% verlaag van waar dit in Maart vanjaar was." Bruce Swain, uitvoerende hoof van die Leapfrog Property Group: "Die lae koste daaraan verbon de om geld te leen beteken dat dit nou vir baie meer mense moontlik is om die eiendoms mark vir die eerste keer te be tree. Eerstekopers moet veral nou oorweeg om 'n vastrapplek in die mark te kry omdat dit in baie gevalle nou goedkoper sal wees om te koop as om te huur. "Daarbenewens het eiendom homself al keer op keer bewys as 'n veerkragtige belegging in onsekere tye sowel as een van die mees lonende instrumente waarmee jy spaar." Yael Geffen, uitvoerende hoof van Lew Geffen Sotheby's Inter national Realty: "Die rentekoersverlaging is on gelooflike positiewe nuus en dit sal die nodige stukrag en ver troue voorsien in 'n tyd wat ons land dit die nodigste het. Dit is nou 'n beleggersparadys en slim beleggers maak seker dat hulle voordeel daaruit trek en so hoort dit ook. Daar heers tans 'n kopersmark in Suid Afrika en ons huispryse het in al die markte gedaal. "Ondanks die onsekere wat ons in die gesig staar vanwee die Covid-19 pandemie, het kopers in eiendomsterme dekades laas sulke goeie marktoestande beleef. Sedert die eiendomsbe dryf weer operasioneel is na die nasionale inperking, het ons reeds aansienlike markaktiwiteit beleef. "Hierdie jongste rentekoers verlaging is net die hupstoot wat ons bedryf en die kopers nodig het."

Author: Lew Geffen Sotheby's International Realty

Submitted 05 Aug 20 / Views 913